Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool La Hoff het die jaar se atletiekseisoen afgesluit met twee SA kampioene en sewe top tien plekke in die afgelope SA atletiekkampioenskappe vir laerskole.

Imke Swanepoel is natuurlik die naam op almal se lippe met haar ongelooflike prestasies. Die skrander atleet het in al vier haar items skoonskip gemaak en goue medaljes huistoe gebring. Sy het deelgeneem in die 80m, 100m, 70m Hekkies en aflos.

Haar spanmaat, Isabella Van der Sandt het goud gewen in die 1 500m stap.

Nog ‘n Hoffie wat op die podium gestaan het, is SW Liebenberg met ‘n derde plek in hoogspring.