Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS se trompoppies het verlore aansien herwin nadat hulle weer ‘n keer as algehele wenners by die SA Kampioenskap aangewys is.

Hierdie is veral ‘n spesiale oomblik vir KHS en die span aangesien hulle vir die eerste keer sedert Covid, weer in die drill kategorie ingeskryf het en skoonskip in dié kategorie gemaak het. KHS se trompoppiespan was altyd een van die top spanne in die land en het van 2015 tot 2019 in die Elite liga deelgeneem. Die troep het sedert die pandemie gesukkel om weer ou vorm te behaal, maar na die pas afgelope SA’s is hulle terug in die Elite liga vir volgende jaar.

Vanjaar het hulle in die Presidentsliga deelgeneem en het teruggekeer met sewe goue medaljes, een silwer en die groot prys as algehele kampioene van hul liga.

Die troep word afgerig deur San-Mari Claase en Zanda-Lee Martin, albei voormalige hoofleiers van KHS se drill spanne. San-Mari het ook haar nasionale kleure as trompoppie verwerf terwyl Zanda-Lee in haar trompoppieloopbaan ook in die Protea span opgeneem is wat SA by wêreldkampioenskap verteenwoordig het.

Vanjaar het KHS weer twee Protea-trompoppies opgelewer. Kiki Moaludi en Jazmijn Schepers is vir die derde jaar in ‘n ry in die Protea-span ingesluit wat aan die wêreldkampioenskap deelgeneem het. Hulle het direk na afloop van die wêreldkampioenskap by die KHS-span aangesluit om aan die SA’s deel te neem.

Kiki, die hoofleier van KHS se drillspan, is al sedert gr 1 ‘n trompoppie en sluit haar skoolloopbaan as trompoppie op ‘n hoogtepunt af. Sy is as die beste hoofleier in die nasionale Presidentsliga aangewys.