Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool Saamtrek spog met twee kampioene na die afgelope ASA kampioenskappe vir laerskole.

Altesaam 17 atlete van Laerskool Saamtrek het aan die kampioenskappe deelgeneem wat gedurende die vakansie in Polokwane gehou is. 

Ryan Beets het eerste stem dik gemaak in die gewigstoot vir seuns o/10. Hy het die SA rekord in flarde laat spat met ‘n allemintige gooi van 12.47m. Die ou rekord het gestaan op 11.93m!  

Die provinsiale rekordhouer in hoogspring, Declynne da Silva het met haar lang bene korte mette gemaak van haar teenstander en die hoogspring vir meisies o/12 ingepalm. Declynne het nog nie vanjaar in die item verloor nie en is beslis ‘n jong atleet om dop te hou.

Alto Wiggett het ook naam gemaak met ‘n silwermedalje in spiesgooi vir seuns o/12. Hy het die rekord gebreek in die item. Hy het ook ‘n bronsmedalje in gewigstoot en word aangewys as die beste veldatleet by die byeenkoms. Hy was ook die derde beste atleet volgens sy ASA-punte.

Ander atlete wat naby podium posisies gedraai het, is Lehanke Beets met ‘n vierde plek in spiesgooi (o/13), Juhanell Ollewagen met ‘n vierde plek in spiesgooi (o/12), Shinell Prins met ‘n vyfde plek in 200m Hekkies en sewende plek in 75m Hekkies, Hayley Lues met ‘n vyfde plek in 75m Hekkies. Denay Fourie met vyfde plek in 150m Hekkies en sewende plek in 75m Hekkies. Nia Terblanche en Denay Fourie behaal bronsmedaljes in die o/12-aflos.