Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Hoërskool Schoonspruit het op Vrydag 16 Februarie aan die Platinum Inter (groep B) deelgeneem. Vanjaar was dit Hoërskool Bekker se beurt om as gasheerskool op te tree.
 
Deelnemende skole was Ferdinand Postma, HTS Potchefstroom, Hoërskool Bekker, Hoërskool Schoonspruit, Hoërskool Wolmaransstad, HTS Klerksdorp, Milner, New Vision, Curro, Orkney Hoër en Educator’s High School.

Hoërskool Schoonspruit behaal ‘n algehele vierde plek en verower 46 medaljes waarvan 16 goud, 11 silwer en 19 brons is. Hoërskool Wolmaransstad het die byeenkoms gewen. Dié skool het nog elke jaar gewen vandat die byeenkoms in die formaat aangebied word.

Schoonspruit se atlete het nege nuwe rekords opgestel:
* Lizané Vorster (o/19 gewigstoot en diskus). Sy word ook aangewys as die beste veld-atleet van die byeenkoms.
* Duncan Fritz (o/19 800m, 1500m en 3000m)
* Kelly Annandale (o/19 800m, 1500m en 3000m)
* Derick Coetzee (o/16 100m) 

Op die geesterrein vaar die Schoonies ook puik en eindig algeheel tweede. Telana Snyman is aangewys as die beste dirigent van die dag. Hoërskool Bekker het die geesbeker gewen.

Volgende jaar is dit HTS Klerksdorp se beurt om die byeenkoms aan te bied.