Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp – Die eerste wedstryde in die hoërskoolrugby Noordvaal-liga is die afgelope naweek gespeel.

Hoërskool Wesvalia en KHS neem in verskillende afdelings deel en sal dus nie teen mekaar te staan kom nie. KHS neem in die plaat-afdeling deel en is tans sesde op die punteleer nadat Hoërskool Zwartkop die eerste wedstryd met ‘n telling van 44-31 gewen het.

Die KHS'ers het na Pretoria gereis waar vier van hul spanne gewen het. Die eerstespan het op ‘n stadium met net 14 spelers gespeel na ‘n rooikaart wat die Zwarries tot hul voordeel gebruik het en die punte ingeryg het.

KHS draf die naweek uit teen Hoërskool Lichtenburg in ‘n Classic Clash-kompetisie. Dit behoort ‘n taai wedstryd te wees met albei spanne wat verlore aansien wil terugwen. Lichtenburg wat teen Wesvalia in die Noordvaal skildafdeling gespeel het, het verloor en sal graag KHS wil klop wat in ‘n hoër afdeling as hulle meeding.

Wesvalia is tans bo-aan die punteleer in dié afdeling met hul wen van 23-12 teen Lichtenburg. Dit was nie ‘n maklike wedstryd vir die Klerksdorpers nie, maar tuisveld voordeel het beslis in hul guns getel.

Die Bruin Bere reis die naweek na Polokwane vir hul wedstryd teen Hoërskool Pietersburg wat hul eerste wedstryd teen Die Anker verloor het.

Die Noordvaalliga word in vier afdelings beslis: Beker, plaat, skild en bowl.