Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Wesvalia se atlete het stof in die oë geskop van die stadsjapies by die superinter wat verlede week in Pretoria gehou is.

Wesvalia het in die groep 3-afdeling deelgeneem en is nou bevorder na groep 2 vir volgende jaar se inter. Die Wessies het teen atlete van Dr EG Jansen, Marais Viljoen, Jeugland en ander deelgeneem.

Die Klerksdorpers het altesaam 74 medaljes gekry: 30 goud, 26 silwer en 18 brons. Vyf rekords is verbeter. Atlete het ook 32 persoonlike bestes behaal.







Carli Visser verbeter haar 400m hekkiesrekord. 

Denike Jordaan verbeter haar 300m hekkies sowel as die 200m rekord. Sy is aangewys as Junior Victrix Ludorum. Dis die derde keer in ‘n ry wat sy die eerbetoon ontvang (Noordwes Interhoër, Dr Kenneth Kaunda Distrikte byeenkoms en Super Interhoër).

Divan Pullen verbeter sy 300m hekkiesrekord.

Francois de Villiers verbeter die diskusrekord.

Die naweek is daar twintig atlete van Wesvalia wat aan die Noordweskampioenskap deelneem nadat hulle by die dr Kenneth Kaunda Distrikte byeenkoms deurgedring het. Wesvalia het 34 medaljes by dié kompetisie ingepalm.