Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Record, Klerksdorp - Klerksdorp Rolbalklub het die afgelope naweek die kampioenskap vir hul beginners aangebied.

Gedurende groepfases word wenners bepaal wat dan in uitspeelrondes teen mekaar meeding vir die gesogte titel van “Novice Champion 2024”.

 

In die semi finale het Elaine Laubscher, Trevor Olsson, Waded van den Heever en Felecity du Toit mekaar die stryd aangesê en uiteindelik was dit toe Elaine en Waded wat vir die goue medalje gespeel het. Die verloorders in semi finaal, Trevor en Felecity, het die bronsmedaljes gewen.  

Gedurende die finaal het die telling gedurig verwissel maar aan die einde was dit Elaine wat eerste die wen telling van 21 skote bereik het en die goue medalje om haar nek kon hang.

Sy is een van min dames in die klub wat die gesogte titel gewen het en die eerste dame sedert 2015 wat die kampioen word. 
Die beginnerskampioenskap is vir mans en dames.

Elaine en Waded (goud en silwermedalje wenners) gaan later vanjaar genooi word om in die Noordwes Kampioenskap teen ander beginners deel te neem.