Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Wesvalia en KHS het albei die NWU Prestige reeks op ‘n hoë noot afgeskop.

Albei spanne het op tuisbodem gespeel en het hul teenstanders stert tussen die bene huis toe gestuur.

KHS het teen Hugenote gespeel en sewe uit nege oorwinnings behaal. Die hoofwedstryd van die dag tussen die eerste spanne het KHS beklink met ‘n telling van 28-19.  Drieë is gedruk deur De Wet Leroux, Brendon Mathysse, Winton Abrahams en Tiaan Koen. Mathysse het met al vier doelskoppe geslaag. 

Ander tellings: 14A 31-0, 14B 50-0, 15A 34-0, 15B 21-3, 16A 52-7, 16B 31-5. Die tweedes 12-24 en derdes 7-12 was aan die verloorkant.

Wesvalia het op hul velde teen Die Anker kragte gemeet en vyf uit nege oorwinnings behaal. Die eerste span het vir ‘n sege van 26-24 gesorg met losskakel Eddie Dreyer wat 21 van die punte aangeteken het. Wesvalia se tweede wedstryd in die kompetisie word op Woensdag 12 Maart teen Potch Gimnasium gespeel.

KHS reis na Zwartkop die naweek vir hul volgende wedstryde.