Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS kan weer kop oplig na die naweek se sege teen Hoërskool Lichtenburg in hul FNB Classic Clash wedstryd.

Dit was ‘n taai wedstryd met baie druk op die tuisspan na hul nederlaag teen Hoërskool Wesvalia vroeër die maand. 

 

 

KHS het ook lanklaas ‘n Classic Clash-wen onder die belt gehad, maar met die luide ondersteuning van die skool het die KHS’ers 21-13 gewen. 
Daar was omtrent vreugde toe die eindfluitjie blaas en almal op die rugbyveld storm.

KHS is eerskomende naweek gasheer vir Hoërskool Middelburg in hul tweede liga kragmeting van die plaat-afdeling in die Noordvaal-liga. Die eerste netbalspan het Lichtenburg met 30-17 gewen met die eerste hokkiespan wat 0-2 verloor het.

Die O16 A-rugbyspan het 46-5 gewen en KHS het 7 uit die 9 kragmetings gewen. Op die netbalbaan het KHS oorheers en al 9 wedstryde gewen. Net 1 uit die 3 hokkiewedstryde was in KHS se guns met die O15 A-span wat 2-0 gewen het.