Klerksdorp Rekord, Wolmaransstad - Die Deon Neldam 24uur-visvangkompetisie van die vorige naweek was ‘n sukses - ten spyte van die gietende reën.
Die kompetisie het op Saterdag 18 en Sondag 19 Oktober plaasgevind.
Volgens die organiseerder, Tinus van Staden van Klerksdorp markte en pretlope, het 37 hengelaars aan die kompetisie deelgeneem en “die visse het baie goed saam gespeel”.
Die volgende kompetisie by die Deon Neldam vind op 16 Desember plaas. Skakel Tinus by 083 294 8077 vir meer inligting.
Hengelaars trek blink lywe uit
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode










