Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS het hul reeks onoorwonne wedstryde voor hul tuisskare verlede naweek voortgesit toe hulle teen alle verwagting in vir Transvalia klop.

Die KHS’ers het met briljante spel die botoon gevoer teen die Vanderbijlparkers wat geen raad gehad het teen die fisiese aanslae waarmee die Blou Golf hulle oorspoel het nie. Transvalia wat heel bo aan die punteleer lê het vir die eerste keer in die Noordvaal plaat kompetisie die knie gebuig. Die eindtelling was 26-10.

 

KHS se voorry was uitmuntend met Dewet Le Roux en Liam Pretorius aan die spits. Agterlangs was Winton Abrahams en Asif Sumara ‘n doring in die opponente se vlees. Abrahams het twee drieë gedruk, Heinrich Hoevner een en Tyron Masango het ook ‘n keer agter die doellyn gekuier. Decan Loots het twee drieë verdoel terwyl voor hy Liam Pretorius die laaste skop suksesvol behartig het in sy laaste wedstryd vir KHS op tuisbodem.

KHS se o/14 A- en B-spanne het vroeg die tafel gedek teen Transvalia met hul puik vertonings deur die liga voorlopers van Transvalia met 10 - 10 elk en 48 - 7 te wen. 

Die o/15 A’s het ook in die tweede plek ingeskuif in die liga na hul 34 - 13 oorwinning. 

KHS se volgende wedstryd is teen Montana, en kan terugkyk op ‘n puik seisoen waar nieand hul op tuisbodem geklop het in die taai Noordvaal liga.