Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Twee van KHS se rugbyspanne en twee van Wesvalia het na die semi-finale rondte in die plaatafdeling van die Noordvaal beker deurgedring.

KHS se eerstespan het die afgelope Saterdag 16 Augustus in ‘n naelbyter naelskraap verloor teen Hoërskool Zwartkop. 

 

 

Gelukkig het kaptein Tiaan Koen sy beste vir laaste gelos en in die beslissende laaste sekondes van die wedstryd, na die sirene afgegaan het, die bonuspunt drie gedruk. 

Dit het vir KHS die nodige punte hupstoot gegee om die semifinaal op hul tuisveld te speel.

Zwartkop wat onoorwonne is vir 18 wedstryde in ‘n ry, het met 25-24 gewen. KHS ontmoet nou vir HTS Middelburg op Saterdag 23 Augustus om 12:45 by KHS.
KHS se o/16 A-span speel Vrydag in Pretoria in die semi-finaal teen Middelburg Hoër, nadat hul Zwartkop 10-0 verslaan het.

Wesvalia se eerstes kon nie die semi-finale rondte haal nie, ten spyte van ‘n goeie oorwinning oor Kempton Park van 48-15. Hul o/14 en o/15 A-spanne het egter die pyp gerook en speel in die semi-finale. Die o/14s speel op Vrydag teen HTS Middelburg en die o/15s op Saterdag by KHS teen Zwartkop.