Klerksdorp Rekord, Wolmaransstad - Hengelaars kan hul solank gereed maak vir die Deon Neldam 24 uur-visvangkompetisie wat in Oktober plaasvind.
Die kompetisie vind op 18 Oktober plaas, en sal plaasvind van 13:00 die Saterdag tot 13:00 die Sondag (18 - 19 Oktober). Die inskryfgeld is R250 per hengelaar en R90 hekgeld vir die twee dae. Dit kos R60 hekgeld vir nie-hengelaars.
Die reëls bepaal geen aasbote of kanoes nie, twee stokke per hengelaar, elke hengelaar het sy eie net, die kompetisie begin en eindig met ‘n toeter en die finale inweeg is op 19 Oktober om 13:15, met die prysuitdeling daarna.
Die prysgeld is vir die swaarste sakke: eerste prys is R2 000, tweede prys R1 500 en derde prys is R 1000. Pryse vir die swaarste karp is R500 en swaarste barber ook R500. Die program vir 18 Oktober is ‘n kolgooikompetisie tussen 09:00 en 11:00.
Dit kos R50 vir twee gooie en R20 per gooi daarna, die opening en penne trek is om 11:00, die kompetisie begin om 13:00 en die eerste inweeg en aandete is tussen 19:00 en 21:00.
Op 19 Oktober is die tweede inweeg tussen 07:00 en 08:00 en die kompetisie eindig om 13:00, met die finale inweeg en prysuitdeling direk daarna. Die hengelaars van Klerksdorp en omgewing word spesiaal genooi om te kom deelneem.
Skakel Tinus van Staden vir navrae en inskrywings by 083 294 8077.