Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Ruhan Dreyer van KHS is die land se o14 SA spiesgooikampioen én ‘n kranige krieketspeler.

Dié jongman vertrek einde vandeesmaand op ‘n kriekettoer na Indië en is boonop gekies om ‘n kriekettoer na Nederland mee te maak.

Hy is ingesluit in die SA plattelandspan en die span oefen reeds. Hulle sal ‘n IPL-wedstryd in Indië bywoon en ook teen topspanne in Indië speel. Die toer is reeds betaal. Tans samel sy gesin geld in vir sy toer na Nederland wat in Julie plaasvind. 

Volgens sy pa, Leon, word sowat R100 000 benodig. “Ons het nou al alles probeer en doen nou ‘n beroep op sakelui om hom te ondersteun. Ons het al ‘n Back a buddy-blad probeer sonder enige welslae,” sê Leon.

Enigiemand wat in die jong man se toekoms wil belê, kan sy ma, Claudine, by 083 267 5666 skakel.