Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Albei Klerksdorp-skole is steeds op koers in die Noordvaal-liga se plaatafdeling na oorwinnings die afgelope naweek op die rugbyveld.

Hoërskool Wesvalia is nog onoorwonne in die liga, met KHS wat een wedstryd verloor het. Wesvalia het al drie ligawedstryde agter die rug met KHS wat nog moet inhaal nadat hulle ‘n Classic Clash teen Lichtenburg gespeel het wat nie deel is van die ligabepalings nie. Dié wedstryd sal na die wintervakansie gespeel word.

Wesvalia het Ligbron Akademie met 32-19 gewen op 17 Mei. Die afgelope naweek se wedstryd in Pretoria teen Oos-Moot was taai met Wian du Preez se skopskoen wat grootliks vir hul wentelling van 43-38 gesorg het. 

KHS het ‘n punt om te bewys en was op sterk vorm voor hul tuisskare deur die liga-gunsteling, Middelburg, te klop. Dit was egter nie maklik nie en kort voor die eindfluitjie het KHS ‘n drie gedruk wat die telling uiteindelik op 25-24 te staan gebring het.

KHS reis die naweek na Kemptonpark en Wesvalia speel teen HTS Middelburg in Klerksdorp.

Nog uitslae ontvang van KHS: o14A 7-7, o15A 21-12, o16A 12-17 en tweedes 19-5.