Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Jy kan steeds inskryf vir die Efficient Wealth Klerksdorp-marathon. 

Die provinsie se grootste mar.athon vind op 8 Februarie plaas, met meer as 1 000 atlete wat die strate van die stad invaar vir ‘n 5 km-”pretloop”, 10 km-wedloop, halfmarathon en die 42.2 km-marathon. 

Die marathon is ‘n kwalifiseerder vir die land se wêreldbekende ultramarathons soos die Two Oceans oor 56 km en die Comrades-marathon oor 90 plus km. 

Die begin en eindpunt is by Hoërskool Wesvalia en R30 000 in prysgeld is op die spel. Almal wat hul wedlope voltooi, sal medaljes ontvang. 

Die Klerksdorp Marathon word beskryf as die vinnigste en een van die goedkoopste marathons in die land.

Inskrywings kan gemaak word by www.entryninja.com/events/82901-klerksdorp-marathon-2026/enter.