Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Inskrywings vir die Efficient Wealth Klerksdorp Marathon 2026 het op 1 November geopen. Dit is Noordwes se grootste marathon en word soos altyd die tweede naweek in Februarie gehou.

Op Sondag 8 Februarie sal meer as 1 000 atlete weer die strate van Klerksdorp aandurf in ‘n 5km “fun run”, 10 km-wedloop, halfmarathon en die marathon oor 42.2km wat atlete gebruik om te kwalifiseer vir die land se wêreldbekende ultramarathons soos die Twee Oseane oor 56km en die Comrades marathon oor 90 plus km. Die begin en eindpunt is by Hoërskool Wesvalia en R30 000 in prysgeld kan gewen word. Almal wat hul wedlope voltooi, sal medaljes ontvang.

Inskrywings kan gedoen word by www.entryninja.com/events/82901-klerksdorp-marathon-2026/enter
Dit word beskryf as die vinnigste en een van die goedkoopste marathonne in die land,so as jy Klerksdorp se paaie te voet wil aandurf, is dit nou die geleentheid.