Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Twee verskillende gholfdae vind die laaste naweek van November plaas, en by albei is groot pryse op die spel.

 

 

 

* Die NG Klerksdorp-Suid se gholfdag vind op 29 November by die Klerksdorp Gholfklub plaas. Die formaat is IPS. Groot pryse sowel as gelukspryse is op die spel.

Besprekings moet by die klub gedoen word (018 462 5962). André van Rensburg, 082 788 5616, of die kerkkantoor by 082 853 2484 het meer inligting.

* Die Klerksdorp marathonklub bied hul gholfdag aan op 28 November by die Orkney gholfbaan. Die gholfdag was uitverkoop, maar ‘n paar vier- en tweespelle is beskikbaar vanweë kansellasies.

Registrasie is om 10:00, “shotgun start” om 11:00 en die formaat is betterball scramble drive. Die koste is R3 000 om ‘n putjie te borg (sluit ‘n vierbal en halfweg in), en R1 500 vir slegs ‘n vierbal met halfweg.

Skakel Rudolph van Schalkwyk van Efficient Wealth by 082 446 3828 om te bespreek.