Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die plaaslike opblaasbootklub moes die afgelope naweek tevrede wees met tweede plek by die Gariepdam waar die land se beste klubs aan die eerste nasionale byeenkoms deelgeneem het. 

Dit was die ene opwinding by die Gariepdam waar die opblaasboot renjaers in aksie was. Die tweede en finale been in die kompetisie sal in September by Mosselbaai plaasvind. Die afgelope naweek het die Wes-kaapse klub, Valsbaai, koning gekraai met die F1-klub van Noordwes in die tweede plek en klub Agulhas in die derde plek.

Die koue weerstoestande het die jaers alreeds Vrydagoggend beproef met die begin van die eerste dag se kortbaan byeenkoms wat oor twee dae plaasgevind het by Forever Resorts se seilbootklub in die hawe. Die twee dae was gekenmerk met uitstekende wedrenne en die kortbaan wedren het om die seiljagte in die hawe gedeelte plaasgevind.

Wedrenjaers ding mee in drie verskillende klasse, nl die p750 stock klas, die p750 pro-stock klas en die p750 gemodifiseerde klas. In die stock klas het die twee nuwe spanmaats, Jonathan Badenhorst en Abdul Benjamin, in boot S5 skoonskip gemaak met die twee Bloemfonteiners in boot S14, Renier Cronje en Francois van Rooyen in die tweede posisie met boot S54 met Franco Cilliers en Marcel Goosen, in die algehele derde plek.

Die pro-stock klas was gekenmerk deur sterk kompetisie en dit was dan ook tot en met die laaste finaal om boot 12, met JP Hamman en Danè Kelleman te sien wen met Jean Louw en Bigboy van Wyk van Klerksdorp in ‘n baie sterk tweede plek. Die huidige Springbok en wêreldkampioen en mees ervare jaer van die toernooi, Wimpie Ackermann, moes tevrede wees met die derde plek.

Die hoogtepunt was sekerlik die gemodifiseerde klas en het die huidige wêreldkampioen van Klerksdorp, Renier le Roux en Jan Human, weer hul staal gewys en met die louere weggestap. Die groot verrassing was die deelname van boot M23 van Oos-Londen, met Elandre Human en Darryn du Preez in aksie, wat op dag twee in die finaal ‘n welverdiende tweede plek verower het.

Die Gariep langafstand wedren van 150 km het Sondagoggend om 10:00 afgeskop en is in ‘n tyd van 1:23:19 deur die Springbok wedrenjaers, Renier le Roux en navigator Jan Human gedomineer. Die tweede plek is geneem deur boot M71, die Plettenbergbaai-span van Dwayne van der Vyver en Craynouw Erasmus en die derde posisie is verower deur boot M1, beman deur Marc Gleed en Jaco van Deventer van Kaapstad. Die kompetisie onder die onderskeie boot vervaardigers is onderskeidelik verower deur Infanta met Mako in die tweede plek en Aquarius in die derde plek.

Volgens die hooforganiseerder, Phil Louw, was die Nashua Gariep wedren ‘n reuse sukses en sal dit vervolgens elke jaar plaasvind. “Geweldige nuwe talent is waargeneem en die toernooi is die ideale geleentheid om potensiële Springbokke in die watersport te identifiseer.”

Belangstellendes kan F1 opblaasboot klub skakel vir info. Skakel vir Heinrich by 067 884 7751 of Jean by 083 634 1171.