Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Plaaslike renjaer het die afgelope naweek stof in die oë gery van sy teenstanders en die ZA1 titel vir homself opgeëis.

Hendrik Maartens van Star Raceway Klerksdorp was die beste deelnemer in die V8 Lexus klas tydens die WOMZA wedrenne wat by Platinum Raceway in Rustenburg gehou is. Dit het op Saterdag 2 November plaasgevind.

 

Die byeenkoms was ‘n nasionale byeenkoms waarvan motors regoor Suid-Afrika deelneem en Maartens was een van 12 drywers in die flexie V8 klas. Dit was ‘n tawwe resies en hy het deelgeneem teen groot name soos Jaco Maass en Susan Breytenbach, albei het laas jaar ZA nrs verwerf.

Sy pa, Bokkie het self diep spore getrap met sy deelname aan die hotrods vroeër jare. Dit is vir hom ‘n voorreg om in sy pa se spore te volg. Dit is nie sy eerste draai op die podium nie. Hendrik het in 2018 ‘n ZA2 nommer op Newcastle losgery. Die afgelope naweek het ‘n droom egter waar geword met sy eerste ZA1.

“Alle eer aan Ons Vader wat ons as drywers veilig hou. Hierdie wen is vir my pa wat nog altyd my rolmodel is.’’

Volgens Hendrik is dit ‘n nederige sport, want daar is altyd iemand beter as jy. 

Resies en spoed is deel van die Maartense en die sport is baie na aan sy hart. Hy glo dat goeie sportmangees, om die baan te lees, en vasberadenheid die resep is vir groot sukses op die baan.  

Hendrik is trots daarop om die ZA 1 titel Klerksdorp toe te bring.