Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - ’n Afrikaanse kunstefees sonder boeke en skrywers is soos ’n braaibroodjie sonder botter: steeds eetbaar, maar dis net nie heeltemal so lekker nie. Die goeie nuus is dat die ATKV-Boeke-oase weer vanjaar by Aardklop is.
Hier kan leesgieriges en belangstellendes elke dag kom luister na gesprekke met skrywers en kundiges - en dis alles gratis!
Daar is altesame 24 boekgesprekke versprei oor die vyf dae van die fees, en alles van krimi’s tot romanse, van fiksie tot waarheid, van hartseer tot vreugde en meer word bespreek. Vir jonger lesers is daar ook ’n gesprek oor jongmensliteratuur (young adult literature) in Afrikaans.
Scam alert
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - The South African Revenue Service (SARS) has issued a warning over the latest scam doing the rounds indicating that taxpayers have an outstanding amount to be paid to SARS. The scam asks taxpayers to click a link, which goes to a fraudulent website.
Markdag by Janie Schneiderskool
Janie Schneiderskool het ‘n markdag op 27 Augustus aangebied. Die Bikers Care motorfietsklub het die skoolterrein brullend ingery, met die leerlinge wat baie opgewonde was om hulle te sien. Dié motorfietsgroep het die trapkarre geborg waarop die leerlinge kon ry. Sanet Stickling, organiseerder, staan voor.
Sokkie saam met Ricus Nel
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Ricus Nel tree op Saterdag 14 September in die Portugese Saal op en die gaste sal kan dans dat die biesies bewe. Ricus se talent en passie vir musiek het oor die afgelope paar jaar van hom ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrikaanse musiek gemaak. Vingers wat ewe flink met ‘n pen as met ’n hele rits musikale instrumente kan toor en sy growwe country-rock stem het Ricus Nel in 22 jaar in die bedryf diep in Suid-Afrikaners se harte geklim.
Lekker lag by Groet die Grotman 2
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Daar is niks soos die ervaring van lewendige teater nie en daarom bring Rio Casino Groet die Grotman 2 na Klerksdorp op 27 September. Dit is deel van Lefra Produksies se landwye toer vir die komiese stuk en hulle beloof jy sal lag dat jou ribbes eintlik pyn. Waarom gaan dit? Dit is twintig jaar sedert die eerste Grotman verhoogstuk.