Die gewilde Malene Breytenbach se nuutste boek, Die vrywilligers, ’n historiese roman, verskyn in Januarie 2026. Dit speel af rondom die uitbreek van die Boereoorlog. Dokter Robert Campbell en sy aptekersvriend, Thomas Fraser, stuur ‘n ambulans na die gevegsfront. Die vrywillige verpleegsters is Robert en Thomas se dogters, Eleanor en Mary, en die Campbells se buurdogter, Martha. Martha se ouer broer, Jakkie, gaan ook saam om by die Pretoria Kommando aan te sluit. Van al die vrywilligers het slegs die sestienjarige Eleanor mediese ondervinding aangesien haar ma ’n vroedvrou is en sy soms assisteer. Dokter Campbell se seun, Rory, studeer medies in Edinburgh maar onderbreek sy studies om by die ambulans aan te sluit. Gedurende sy reis terug ontmoet hy drie Russe wat aan die Boerekant kom veg en hulle raak vriende.













