Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Liefhebbers van meer enstige musiek kan kaartjies koop vir een van die land se blinkste sterre wat eersdaags in Klerksdorp optree. Die Morester Hervormde Kerk is die gasheer vir Amira Willighagen op 9 Mei en dit beloof om ‘n ervaring te wees.

Dié sopraan het pas haar 21ste verjaardag gevier en sy studeer tans musiek by Tukkies. Sy tree regoor die wêreld op. Die kerk bied die vertoning aan om geld in te samel vir belangrike uitreikaksies.

Haar repertoire is deesdae groot en sy sing van opera, ligte klassiek tot Afrikaanse kunsliedere en meer komtemporêre liedjies. Die kombinasie van haar pragtige stem en die kerk se akoestiek beloof ‘n wonderlike ervaring te wees.

Kaartjies is reeds te koop teen R250 elk of R300 elk vir BBP-kaartjies op die gallery wat eet- en drinkgoed insluit.

‘n Ete en wynveiling sal na die vertoning in die saal plaasvind. Die kaartjiepryse sluit toegang tot dié gebeure in die saal in.

Drag is formeel en die vertoning sal om 18:30 begin.

Skakel Margaret van Heerden by 082 523 8289 om kaartjies te koop.