Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Michael D’Angelo het onlangs na Klerksdorp verhuis en dié countrysanger het al saam met van die land se grootste kunstenaars opgetree. Hy het op Dinsdag 18 Maart by Klerksdorp Rekord ingeloer om voorbrand te maak vir sy optrede by die opening van die nuwe Checkers by The Village. D’Angelo sing al bykans veertig jaar en het meer as 37 CD’s opgeneem. Hy het al die verhoog gedeel met groot name in die bedryf waaronder wyle Lance James en wyle Jody Wayne. Sy nuwe CD heet Don’t give up on me.

D’Angelo sal op Dinsdag 25 Maart die hele dag by die nuwe Checkers sing en ook op Saterdag 29 Maart by die nuwe sentrum in Buffelsdoornweg optree tydens die opedag. Sy nuwe CD en van sy voriges sal te koop wees. 

“Ek sing Afrikaans en countryliedjies en gospel as mense daarvoor vra.” Sy rolmodel is Engelbert Humperdinck wat hy beskryf as ‘n inspirasie.

Hy is ook ‘n langspeelplaatversamelaar en het bykans 100 000 plate  asook so 50 000 CD’s. Hy het ook ‘n aanlynbesigheid waar van dié musiek verkoop word.

Gaan kyk op Facebook en Youtube as jy meer oor hom wil uitvind.