Kosh Kids se jaarlikse Kersparty vir behoeftige kinders het die afgelope naweek plaasgevind. Volgens Elmarie Fuhri, organiseerder, het die funksie op Sondag 10 November by Star Raceway plaasgevind met 280 kinders. “Almal is huis toe met kospakkies en daar is geëet, gedrink en gespeel. Kersvader het met ‘n nuwe BMW gery en die springkastele het die kinders besig gehou. Kinders kon ook op die motorfietse van Predators rondrits.’’ Sy het almal bedank wat die Kersparty ‘n sukses help maak het. Foto’s: Facebook.
Kersfees is vroeg vanjaar
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode