Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - In die boeregemeenskap van Opraap word Geloftedag reeds vir 100 jaar agtereenvolgens gehou. Die eerste viering is gehou op Rietfontein, Opraap op die grens tussen Ventersdorp en Klerksdorp. Veldkornet Jacob Wilkens wat eertyds in die Volksraad gedien het as LV vir Ventersdorp, het die eerste diens in die skuur op die plaas laat hou.

Dit was ‘n familie instelling vir die boere in omgewing. Die verhoog was ‘n boerewa en die trappe na die wa, gepakte luserne bale. 

Daarop het die predikant en gasspreker vandaan gepraat. Dit was altyd ‘n hele gedoente om die skuur afgewit en skoon te kry vir 16 Desember. Agterna is versnaperinge geniet en het families saam gekuier.
Veldkornet Wilkens se jongste seun, Benjamin Hugh Wilkens, eertydse Adjunk Minister van Grondsake, en sy vrou, Hester Lente Wilkens (nee Diedericks), het die tradisie voortgesit. 

Hierdie vieringe is later jare oorgeskuif na die gemeenskapsaal op Opraap waar dit tot vandag nog gehou word. Basies 4 tot 5 geslagte lank.

Vanjaar is dr Johan Taute van die NG Ventersdorp die predikant en die gasspreker is ds Carel Schoeman. 
Almal is welkom.