Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Stilfontein - Die polisie sit met ‘n rooi gesig nadat een van die baasbreine van onwettige mynbedrywighede wat verlede week saam met ander zama-zamas na die oppervlak gebring is, verdwyn het. Genl-maj Patrick Asaneng, waarnemende provinsiale kommissaris, is woedend en het ‘n ondersoek van stapel gestuur om die amptenare te vind wat die ontsnapping tussen skag 11 en die Stilfontein-polisie se aanhoudingselle gereël het. Hy het gewaarsku dat koppe sal rol sodra hulle agterkom wie die man, bekend as Tiger, gehelp het om te ontsnap.

Volgens rekords is Tiger nooit by verskeie ander stasies ingeboek waar sommige onwettige mynwerkers aangehou word nie. Hy is ook nie by ‘n plaaslike hospitaal opgeneem vir verdere mediese sorg nie.

Dié vermeende baasbrein is ‘n Lesotho-burger en volgens rekords is sy naam James Neo Tshoaeli, maar hy is algemeen bekend as Tiger.

Volgens brig Athlenda Matha, polisiewoordvoerder, word Tiger in verskeie verklarings as een van die ringkoppe beskryf wat bedrywighede ondergronds beheer het. “Hy is deur sommige onwettige mynwerkers daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir sommige sterftes, aanranding en marteling wat volgens video’s in polisiebesit na bewering plaasgevind het. Daar word ook beweer dat hy kos opgegaar en weggehou het van ander onwettige mynwerkers.’’

Asaneng het sy teleurstelling uitgespreek oor wat hy as ‘n verleentheid beskou vir die Vala Umgodi-operasie wat vanaf Desember 2023 aan die gang is. Hy het belowe om te verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir hierdie ontsnapping uit aanhouding voor die hof gebring word en dat Tiger gevind sal word.

Tiger is ‘n voortvlugtige en word as gevaarlik beskou. Persone wat weet waar hy hom bevind word versoek om dit met hul naaste polisiestasie te deel.