Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - LICHTENBURG - Nie baie mense weet dit nie - September is die nasionale maand vir kinderkankerbewusmaking. Hierdie geleentheid gaan saam met Cupcakes 4 Hope.)
Op 28 September is Nasionale Kolwyntjiedag gevier en groepe bakkers regoor Suid-Afrika het kolwyntjies gebak en ver-koop. Die opbrengs gaan na verskillende liefdadigheidsorganisasies/kankerpasiënte in nood. 

Vanjaar het die geleentheid in Lichtenburg by die Lichtenburg Mall plaasgevind. Die gemeenskap van Lichtenburg is dankbaar teenoor die Mall wat ingestem het om die verkopers te akkommodeer. Elke klein skenking het ‘n verskil gemaak en daar is R2 326 347 ingesamel op Nasionale Kolwyntjiedag. 
Die enigste vereiste vir die bak van  die kolwyntjies is dat dit met LIEFDE gebak moet word.
Kinderkankerfeite:
Elke dag word 43 kinders met kanker gediagnoseer.
12% van die kinders wat met kanker gediagnoseer word, oorleef nie.
Kinderkanker raak alle etniese, geslags- en sosio-ekonomiese groepe.
Die gemiddelde ouderdom van kinders wat gediagnoseer word, is ses.
Vir enige meer inligting - https://cupcakesofhope.org/about/