Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - LICHTENBURG - Solidariteit Helpende Hand beywer hom vir die verbreking, die voorkoming en die verligting van armoede, maar ook om gebrekkige kennis die hoof te bied. 
Daarom het Helpende Hand navorsing gedoen rakende kleuters se tande, want tans bestaan daar gebrekkige kennis. Gevolglik het Piet Tande en sy helper, Griet, besoek afgelê by twee skole in Lichtenburg. 

Piet en Griet is hartlik verwekom deur die kleuters en hulle het heelhartig aan die verrigtinge deelgeneem. Goeie nuus vir die ouers is dat hulle nou weet hoe om na hul tandjies te kyk. Minder goeie, nuus, maar baie slim, is dat hulle duidelik bewus is dat Piet Tande hul tande kom haal en vir hulle iets in ruil gee. Dit is verkieslik geld - soos die kleuters luidkeels van hulle laat hoor het. 
Dankie aan Helpende Hand wat waardevolle inligting en vermaak gebruik om kleuters te inspireer en lewenslesse te leer.