Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – COLIGNY - Tydens Vrouemaand het Coligny Biblioteek ‘n “eierdop”-projek aangebied.  
Elke vrou het twee plantjiebakkies versier met gekleurde droë eierdoppe. Dít alleen was ‘n projek om die eierdoppe verskillende kleure te sprei.   

Hester Schnuir het geopen met gebed. Henriët van Loggerenberg (bibliotekaresse) het vrouens verwelkom. Hannelize Jordaan het interessante feite gegee oor verskillende proteas en die fasette van die vrou saam met dié van protea uitgelig. Só het sy die vrouens geïnspireer. 
Mandie Rademeyer (Biblioteek assistent) het vir die vroue gedemonstreer wat om te doen. Eers was daar groot konsentrasie en konsternasie op die gesigte en toe het hul dit baasgeraak. Die vroue het later heerlik saamgekuier rondom bordjies versnapperings en tee.