Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die AfriForum-tak in Lichtenburg het in 2025 altesaam 58,25 ton teer gebruik om paaie in dié dorp te herstel en veiliger te maak. 
Hierdie aantal teer is bereik nadat die tak verskeie teerprojekte gedurende Desember in Lichtenburg voltooi het om die toestand van plaaslike paaie te verbeter en padveiligheid te bevorder. Die ernstige agteruitgang van paaie het inwoners se mobiliteit en toegang tot ondernemings negatief beïnvloed.

 Hierdie projekte is in samewerking met die plaaslike gemeenskap en verskeie ondernemings uitgevoer as deel van AfriForum se voortgesette Lichtenburg Teerprojek.
In Kerkstraat om die dam, waar die pad in ’n haglike en onrybare toestand was, is twee rybane suksesvol geteer. Altesaam agt ton warm teer is vir dié projek gebruik, wat deur NWK geborg is. Ander ondernemings wat betrokke was by die projek, sluit in Overland Liquors, Cerealis Precision, Coastal Hire, Autoboys en Rousseau Vulstasie. AfriForum bedank elkeen vir hul waardevolle bydrae wat hierdie projek moontlik gemaak het.
In ’n ander projek is 48 slaggate in Breëstraat herstel met behulp van 60 sakkies teer. Hierdie herstelwerk is moontlik gemaak deur ’n skenking van die Hoërskool Lichtenburg. Daarbenewens is ’n massiewe slaggat voor ENB Bank herstel waarvoor agt sakkies teer gebruik is, wat Pretorius Boerdery geskenk het.
“Hierdie projekte wys duidelik wat moontlik is wanneer gemeenskappe, ondernemings en burgerlike organisasies saamstaan om praktiese oplossings vir plaaslike probleme te bied. Elke ton teer wat ingewerk word het nie net die padtoestande verbeter nie, maar ondersteun ook plaaslike ekonomiese aktiwiteit en verhoog inwoners se lewenskwaliteit,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Marico.
AfriForum se Lichtenburg-tak doen ’n beroep op inwoners en ondernemings om betrokke te raak by die Lichtenburg Teerprojek en saam te help om die dorp se paaie te herstel. Vir verdere navrae of om by toekomstige projekte betrokke te raak, kontak Pine Pienaar, projekleier van AfriForum se teerspan, op 082 371 5312.