Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Theo de Jager, voorsitter van Saai en Agri All Africa, sê: “Die land ervaar een van die ergste uitbrake [van bek-en-klouseer] in dekades.” 
Tans het dit landwyd versprei, ook in Lichtenburg-omgewing en Noordwes. Die bestryding van bek-en-klouseer is die staat se verantwoordelikheid en dit is duidelik dat die staat tot dusver daarin gefaal het om doeltreffende beheer toe te pas.

Die versuim van die Departement van Landbou om daadwerklik op te tree, het daartoe gelei dat Suid-Afrika nou noodgedwonge entstof uit Botswana moet invoer, wat eers na verwagting teen die einde van Januarie 2026 beskikbaar sal wees. Een van die grootste knelpunte is die Departement van Landbou se skynbare gebrek aan beplanning wat entstowwe betref. Suid-Afrika moet nou op die buiteland staatmaak om die tekort aan te vul, maar die tydlyn vir hulp is beduidend lank.
Verder is dit uiters kommerwekkend dat die departement nie sy beplande ingrypings en tydlyne met boere en met die bedryf kommunikeer nie. Dit laat rolspelers moedeloos, weerloos en uitgelewer aan dié hoogs aansteeklike siekte.
Intussen word stoeterye met gevestigde bloedlyne en waardevolle teelmateriaal ernstig benadeel, met ernstige medium- en langtermyngevolge vir die rooivleisbedryf en voedselsekerheid.
Die wetgewende gesag, en in besonder die portefeuljekomitees wat oorsig hou oor die uitvoerende gesag, het nou ’n grondwetlike plig om die uitvoerende gesag tot volle verantwoording te roep.
Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, voer aan dat die Departement van Landbou, wat volgens wet die siekte moet bekamp, “grotendeels die boere se vertroue verloor het” en “nie die kapasiteit het om die krisis te hanteer nie. Die staat behoort die totale koste van sy onvermoë self te dra.”
Jaco Mulder, VF Plus-LPW en voorsitter van die Gautengse wetgewer se Portefeuljekomitee vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake, waarsku dat die staat se onvermoë om die siekte te beheer nou drastiese en onmiddellike ingryping vereis.
John Steenhuisen, die minister van landbou het erken dat die krisis ʼn enorme finansiële en emosionele tol eis.
NWK het ‘n Inligtingsdag rondom die kwessie gehad op Donderdag, 15 Januarie. Die hoofspreker was Dr Shaun Morris, veearts, voerkraalspesialis en lid van ministiriële taakspan vir bek-en-klouseer. Ook teenwoordig was Dr Faffa Malan, Nico Killian en Danie de Villiers van die Noordwes Rooivleis Produsente Organisasie  (NWRPO). Lees meer hieroor in Noordwester van Vrydag, 23 Januarie.