Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – BOIKUTSO – Lichtenburg SAPD vat hande op Woensdag, 15 November met die Departement van Gesondheid en Immigrasiekantoor en vaar Boikutso in.
Die doel was om alle klein besighede te besoek, veral diegene wat voedselprodukte verkoop. 

Kol Willem Bekeer, Lichten-burg stasiebevelvoerder sê 17 winkels is besoek. Twee van dié is gesluit.

Daar is op ‘n groot hoeveelheid produkte, wat reeds verval het, beslag gelê en vervalste produkte is van rakke verwyder. Vier onwettige immigrante is in hegtenis geneem en vier werkgewers is beboet vir die indiensneming van ongedokumenteerde persone. Twee persone is beboet vir onwettige dobbel en daar is beslag gelê op twee dobbelmasiene. Kol Bekeer bedank die Gesondheids Department en Immigrasie vir die ondersteuning. Bekeer waarsku die gemeenskap om asseblief nie produkte aan te koop wat reeds verval het nie.