Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Vyf  maniere om jou toestelle te beskerm: 
(1) Ontkoppel u toestelle
Beskerm toestelle deur  die muurprop uit te trek wanneer dit nie gebruik word nie.’n Kragstuwing kan nie ‘n toestel beskadig wat nie ingeprop is nie, en dit is ook ‘n slim stap om energie te bespaar en veilig te bly. Tydens beurtkrag kan jy al jou toestelle afskakel om te verhoed dat dit beskadig word wanneer die krag aangeskakel word.

(2) Belê in stroombeskermers
Jy kan ‘n oplewingbeskermer “surge protector” vir jou elektriese hoofbord koop, en ook  muurpropropaanpassers  “protector plug adaptors”, by hardewarewinkels of hardewareafdelings in winkels koop. 
(3) Koop ‘n UPS (ononderbroke kragbron)
‘n UPS is ‘n oplossing vir jou elektronika soos jou roter, modem, toegangspunte ens. wat beteken jy kan aanhou werk tydens beurtkrag.
(4) Gebruik kragstroke wat die oplewing beskerm
Die vinnigste en goedkoopste oplossing vir die beskerming van toestelle is om dit in ‘n kragstrook met ‘n ingeboude opleidingsbeskermer te koppel (a power strip with a built-in surge protector) Voordat jy koop praat met ‘n gesertifiseerde elektrisiën oor jou opsies. 
(5) Hersien jou versekeringspolisse
Om onvoorsiene skade en verliese te voorkom, hersien jou versekeringsdekking om verskillende omstandighede en risiko situasies wat as gevolg van kragonderbrekings kan ontstaan van te weet.