Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - LICHTENBURG – Die afgelope weke was moeilik vir baie inwoners in die Ditsobotla-distrik. Die Noordwester het met verskeie organisasie en individue gaan gesels oor hul perspektief oor die stand van sake aangaande dienslewering. 
Elkeen het sy eie manier om moeilike situasies deur te werk, maar as daar slegs een positiewe gedagte by jou posvat na die lees van gemeenskapslede se opinies, kan dit ‘n verskil maak.  
• Naudé Pienaar - Ons kry swaar saam met elke inwoner wat maande sonder water sit, vrieskas na vrieskas se inhoud wat weggegooi moet word en mense wat deur riool moet stap en koes-koes deur die slaggate werk toe strompel. 

Waar is die Lichtenburg-leiers, die spanbouers, die voorlopers? Dis swaar om na amptenare te sit en luister wat steeds ontken dat daar ‘n krisis is. Dit is baie frustrerend om na “leiers” te sit en luister wat jare lank steeds dieselfde leë beloftes maak. Hartveskeurend om elke dag te wonder waar is die goeie mense wat eendag moet sê: “Genoeg is genoeg.”
Maar, dit is ook bemoedigend om deel te wees van ‘n Gideonsbende wat dag vir dag die ektra myl loop in belang van die dorp en mense vir wie hulle so lief is. Vervullend om te sien hoe mense gelowig, baie van hul eie fondse en tyd gebruik om ons dorp en ons besighede te probeer red. Te midde van kritiek, beskuldigings en beledigings…
Vra jouself die vraag: “Gaan jy ‘n verskil maak vir jou dorp of maar jou oogklappe aanhou en jou eie of jou besigheid se troontjie verder probeer bou?” 
• Muriël by Dierewelsyn - As a longtime resident without inverters, solar panels or a generator, being without electricity is a challenge - particularly when there is also no water. We never know if we will be without power for hours, days, weeks or even longer. Household chores cannot be done and there is concern about the spoilage of contents of refrigerators and freezers. It all adds an extra financial burden to an already stretched household budget.
The Dierewelsyn was blessed with a constant supply of water recently, but being without electricity makes it very difficult to operate as the passage is dark. The kennels need to be thoroughly scrubbed daily, but they are also quite dark making the cleaning process difficult. 
• Tiener - Ek praat nie meer so lank op my foon nie want anders kan ek glad nie praat nie. Niemand het krag nie, so waar herlaai mens?
• René van Rensburg - Ek is gediagnoseer met gevorderde longkanker. Die helfte van my regterlong is verwyder. Ek benodig daaglikse suurstof en ek vrees elke oomblik van my lewe wanneer die krag af is. Omdat ek weet waar my geestelike krag vandaan kom, bly ek positief want die Here is in beheer van my lewe. 
• Wimpy Lichtenburg - Die kragopwekker het elke dag ure lank geloop wat ‘n groot uitgawe is. Ons sukkel ook met water en moes dit aankoop. Die badkamers is toegehou vir higiëne. Voorraad moes daagliks aangekoop word om net die volgende dag weggegooi te word omdat dit nie oornag gestoor kon word nie. Wimpy het geen wins getoon in die tyd nie. 
Die positiewe is dat ons besig was. Elke dag het ons baie mense gehad wat kom eet of iets kom drink het. Op dié manier kon ons teruggee aan die gemeenskap en dit was ‘n voorreg.  
• Sannie Esterhuizen – My Downsin-droomseun moet met ‘n slaapmasjien slaap, anders gaan hy doodeenvoudig ophou asemhaal. Gelukkig het ek skoonfamilie waar ek wasgoed kan was en my yskas en vrieskasgoed is ook daar. My kind slaap ook daar - gelukkige ek. Iewers is daar krag. Tog dink ek met ‘n hart vol empatie aan die minderbevoorregtes. Wonder hoe die wat krag het, sal voel as die skoen aan die ander voet is? Nie in jou wildste drome het jy ‘n ekstra R2 500 of meer begroot vir ‘n kragopwekker nie. Sterkte Lichtenburg, kom ons stamp almal voete, versper ingange en brand bande. Dan sal ons dalk ook resultate sien en kry. 
• Najaarsrus – Ons dank die Hemelse Vader vir Sy sorg deur hierdie moeilike tyd in ‘n vol versorgingsoord. Bykans ‘n miljoen rand is bestee aan diesel vir die opwekkers in hierdie tyd. Najaarsrus het sy eie boorgat en ons moes water pomp wat kostes verhoog het, maar daar was broodnodige water. Die gemeenskap, die Duitse gemeenskap, boere en barmhartige samaritane van oral oor was ons behoud. Sonder hulle almal kon ons nie, dankie aan elkeen. 
• Kathy Vogel – Mense is te gemaklik - begin anders dink. Spandeer tyd saam met jou gesin - jou man, kinders, vriende, diere, tuin… waarvoor jy nooit tyd het nie. Doen iets lekkers saam, al is dit om op die bank te sit en gesels. Kyk rondom jou - daar sal soveel wees waarmee jy jou kan besig hou. Om te broei, kwaad te word en lelike dinge te sê omdat die krag af is, maak mens negatief. Dink net hoeveel mense is slegter af is as jy.