Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – SANNIESHOF - Hoërskool Sannieshof se musieksentrum, onder leiding van Adrie Schutte (Noordwes-verteenwoordiger vir die Allegretto Eisteddfod in ons area), het die eerste Interprovinsiale Allegretto Eisteddfod onlangs in Sannieshof aangebied.
Meer as 426 kinders het deelgeneem aan items soos: 170 musiekinskrywings, klavier, dromme, viool, tjello, fluit, kitaar en ukelele, asook 35 Afrikaanse spraak en drama-inskrywings en 12 Engelse spraak en drama-inskrywings.

Sang items: “Buite die boks”-items deur Sannieshof, Gerdau, Ottosdal en Delareyville se kleuterskole, Hoërskool Sannieshof se koor, Laerskool Ottosdal se koor en Laerskool Delareyville se spreekkoor.  Daar was ook 17 Visuele kunste-inskrywings en 12 Dans -inskrywings. Die Eisteddfod was ‘n reuse sukses, baie van die kinders is deur na die Noordwes-finale rondte wat op 17 September in Sannieshof plaasvind. Die twee Nasionale beoordelaars was Marius Lourens en Marientha Brak. Die gemeenskap is aan die brand vir kultuur na die wonderlike twee dae. Vir navrae of inligting kontak Adrie Schutte op 078 6639 639 op e-pos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.