NOORDWESTER – LIICHTENBURG - Vertroue onder Suid-Afrikaners wat meer as R20 000 per maand verdien, het getaan en baie verwag nou dat die ekonomie asook hul finansies oor die volgende 12 maande sal versleg.
Dit is volgens die verbruikersvertroue-indeks (CCI), wat in die eerste kwartaal van 2025 van -6 tot -20 indekspunte gedaal het. Dit is veroorsaak dae nadat die minister van finansies, Enoch Godongwana, se onaanvaarbare nasionale begroting vir 2025 in Februarie bekend gemaak is, waar ‘n verhoging van twee persentasiepunte in BTW voorgestel is.
Die Buro vir Ekonomiese Navorsing (BER) het gesê saam met ander negatiewe rondom dieselfde tyd, het daartoe gelei dat die indeks gedaal het. Alhoewel die Maart-begroting die BTW-verhoging verminder het, plaas dit steeds ‘n aansienlike belastinglas op verbruikers. ‘n Uiteensetting van die CCI per huishouding toon dat vebruikersvlakke in alle inkomstegroepe aansienlik vererger het.
Die vertrouensvlakke van hoë-inkomstehuishoudings wat meer as R20 000 per maand verdien, het die meeste gedaal, met die vertrouenslesing wat van -4 tot -30 gedaal het. Die meeste hoë-inkomstehuishoudings verwag dat Suid-Afrika se ekonomiese prestasie en finansies oor die volgende 12 maande sal versleg – ‘n algehele ommekeer van drie maande tevore.
Die vertrouensvlakke van middel-inkomstehuishoudings – wat tussen R5 000 en R20 000 per maand verdien – het van -7 tot -19 gedaal. Lae-inkomste huishoudings – wat minder as R5 000 per maand verdien – het ook van -7 indekspunte tot -17 gedaal.
Die eindresultaat
Die daling in verbruikersvertroue is ‘n groot bekommernis aangesien dit die afgelope dekade die groei van die Suid-Afrikaanse ekonomie was.
Werklike verbruikersbesteding het tussen 2015 en 2024 met 11,2% (kumulatief) gegroei, terwyl bruto binnelandse produk, ‘n maatstaf vir die welvaart van ‘n land, BBP, verbruikers-besteding uit-gesluit, geen groei getoon het nie.
Stygende in-flasie, streng mone-têre beleid en hoër belasting sal ook huishoudings se vermoë om te bestee beïnvloed, terwyl dalende vertrouensvlakke ‘n afname in bereidwilligheid om te bestee sal teweegbring.
Verder sal die vertrouensvlakke van hoë-inkom-steverbruikers wat die meeste daal, net vererger, aangesien hierdie groep maklik die grootste bestedingskrag het.