Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – GROOTPAN - Hierdie jaar was daar 1 765 besoekers, meer as 70 uitstallers, verskeie skole, perderitte en gaskunstenaars betrokke by die jaarlikse Stroperresies. 
Dan ook, al die deelnemers met hul werkers. Grootpan Studiegroep se voorsitter, Marco Bretschneider en Du Preez Landgoed, wil elkeen bedank vir die bywoning van die jaarlikse Stroperresies. Hierdie jaar was ‘n ongelooflike sukses en dit sou glad nie moontlik wees sonder die borge, deelnemers, uitstallers en besoekers nie. Die Studiegroep sien al reeds uit na volgende jaar waar deelnemers hul staal kan wys.

PROAGRI-Suid-Afrikaanse boere wil net die béste van die beste stropers gebruik. Met al die hoë gehalte handelsname beskikbaar in ons land, kan dit egter ’n moeilike besluit wees. Dus, om die wenner te bepaal, word daar elke jaar ‘n stroperresies gehou! Stropers van verskillende fabrikate ding regstreeks teen mekaar mee. Al die stropers staan in ’n ry langs mekaar op ’n mielieland. Dan is dit een, twee, drie stroop! (Foto FarmSpace)
Klas 6-uitslae:
1. New Holland se CR6.80
2. Case IH se 6150
3. CLAAS se Trion 720
4. John Deere se S76
Klas 8-uitslae:
1. CLAAS se Lexion 8700
2. Case IH se 8250
3. Fendt se Ideal 8 T
4. John Deere se S780
5. New Holland se CR7.90
6. Massey Ferguson se 9895
Tapkarresies-uitslae:
1. Agri Afrika, Legend Chaser 24-Ton
2. Feeler Africa 36-Ton
3. BPI 21-Ton
4. AgriCad 18-Ton
5. JBH Agri 16-Ton