Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Lichtenburg was vroeër, soos telkemale oor geskryf word, ‘n pragtige waterryke dorp met van die mooiste tuine. Geen elektrisiteitsprobleme, groot nywerhede en florerende besighede. Daar was gelukkige inwoners wat net die beste vir die dorp gegee en gedoen het. Idilies? 
Nou, na jare se wanbestuur en korrupsie het die dorp agteruitgegaan en sien vervalle daar uit.

Basiese dienste, soos water en elektrisiteit, vullisverwydering, paaie in standhouding… so kan die lysie net langer word.  
Plundering en vadalisme van munisipale infrastruktuur het die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit, wat Lichtenburg en Coligny bedien, op sy knieë gedwing.  Hier praat ons van sub-stasies, hoofkragstasies, diefstal, en waterpompe. Slegs vyf van die sewentien waterpompe is tans in werking. 
Inwoners beleef ‘n kultuur van wetteloosheid en dit blyk dat die plaaslike polisiemag dit nie kan bekamp nie. Pogings tot ingryping was tot dusver onsuksesvol. Dit is gedoem om te misluk wanneer plaaslike politici en munisipale bestuur al die pogings om dinge om te keer elke keer ondermyn.
Maande lank moet inwoners gebukkend gaan sonder basiese dienste, (dit sluit in Lichtenburg-dorp en omgewing, Blydeville, Shukran en Coligny). Dit kos mense duisende rand uit hul sakke (wat hulle nie het nie) om net self dié dienste te bekom. 
Wanneer daar hulp van privaatkontrakteurs, plaaslike besighede en inwoners kom en hul beste doen om te help, is daar ‘n klein groepie wat nie hulle plek ken nie en onvanpas en onsmaaklik raak op sosiale media. Sulke tye moet dié mense hul koppe in skaamte sak. 
Dankie dat die weldoeners en rolspelers nogtans die meerderheid help, en wees verseker dat dit raakgesien en baie waardeer word.