Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – DELAREYVILLE- Noordwester het in Mei vir Michelle du Plessis leer ken op pad na die Mevrou Suid-Afrika-kroon. 
Michelle is steeds in Delareyville besig met haar hoenderboerdery en ander bedrywighede. Misdaadbekamping is ook vir haar ‘n prioriteit. Haar visie is om werklose vrouens in haar omgewing te leer hoe om hulle eie hoenders te voer vir vleis en eiers en daardeur honger en werkloosheid te bekamp.

Sy is op 5 Julie aangewys as een uit Top 30 finaliste. Nou lê die laaste hekkie voor voordat sy as Mev Suid-Afrika gekroon kan word. Sy bedank almal wat vir haar gestem het. ’n Mevrou Public Choice word ook aangewys en sy het elke moontlike stem nodig vir wanneer die wenner in November gekroon word. 
Volg haar op haar Facebook Fan page by Michelle du Plessis, Mrs South Africa semi-finalist 2024 en ook op Instagram: The_Michelle_Alignment. Ondersteun haar deur Michelle du Plessis na 47587 te sms (R3/sms - gratis SMSe is nie van toepassing nie) en op Instagram en Facebook te volg.
Enige besighede of instansies wat Michelle se reis wil borg, kan haar op 065 286 1362 kontak. 
Michelle is nie net pragtig nie, maar ‘n vrou met visie, en dit leef sy uit!