Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG – Hierdie week volg ons die “Klipkerk” se geskiedenis in die volgende 65 jaar van bestaan (van 1960 af). In hierdie jare is daar verskeie hoogtepunte by die kerk aangeteken. 
Die kerk word binne gemoderniseer, Vrouedienste begin (1970) en die eerste kategeselokale word ingewy (1976). ‘n Groot mylpaal in 1981 was toe die Klipkerk verklaar is tot nasionale gedenkwaardigheid en 100 jaar bestaan word in 1985 gevier.

In die vroeë negentigs onstaan die Kinderkerk en ‘n geestelike herlewing begin. 
Daarna volg die eerste wêreldfokusweek.
Met die aanbreek van die millenium volg die eerste gemeente in Botswana (2003), die Hadassa-konferensie vir vroue volg in 2007 en in 2010 word die 125-jarige bestaan van die Klipkerk gevier.
Die Covid-pandemie in 2020 bring verandering en só kom “inry- en aanlyn-eredienste” tot stand. In 2022 word die eerste Setswana-sprekende lidmate aanvaar. 
In 2023 skuif die hoofingang na Kerkplein-Noord en ‘n jaar later begin Kleingroepbediening. Opgraderigs vind plaas en bring ons by die 140 jaar-feesviering.
Saterdag, 2 Augustus is dit Basaar en Sondag se kerkdiens is 09:30 ter viering van die 140 jaar.