NOORDWESTER – SANNIESHOF – Op Dinsdag, 23 April was sersant Karel Masoko en konstabel Steven Mabusela van Sannieshof-speurtak besig met patrollering.
Hul het twee verdagte persone opgemerk met ‘n sak, hom gestop, die sak deursoek en koperkabels gevind.
Die twee ver-dagtes is gearresteer en die koperkabels is ingegandig as bewys-stukke.
Die gewig van die koper was 29.6 kilogram, met ‘n straatwaarde R3000. Sersant Masoko en konstabel Mabusela word bedank vir hul oplettendheid en goeie werk.