Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – DELAREYVILLE - Die AfriForum-tak in Delareyvile het vier nuwe waarskuwingsborde langs die Henk Joubert-natuurreservaat op die R501 opgerig om motoriste te waarsku teen wilde diere wat moontlik oor die pad kan beweeg. 
Dít volg nadat die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit nog geen poging aangewend het om ’n heining om die reservaat op te rig nie.
Die R501 tussen Delareyville en Ottosdal is ’n gevaarlike pad – nie net omdat die pad baie ongelyk is nie, maar ook omdat daar nie ’n heining om die natuurreservaat is nie.

AfriForum se Delareyville-tak het al vir die afgelope drie jaar in sy geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP) aan die Tswaing-munisipaliteit genoem dat die afwesigheid van die heining ’n groot gevaar vir motoriste is. Die tak het die munisipaliteit aangemoedig om dringend fondse te allokeer om ’n nuwe heining op te rig.  
“Dit is onaanvaarbaar dat die munisipaliteit net sy rug op die probleem draai en nie werk daarvan maak nie. AfriForum sal aanhou om druk op die munisipaliteit toe te pas om te verseker dat ’n heining om die natuurreservaat opgerig word. Die pad is veral gevaarlik in die aand met wild wat voor motoriste se voertuie inspring, daarom wil die tak die publiek aanmoedig om saans ekstra versigtig te wees,” sê JP Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland. 
Die AfriForum-tak in Delareyville beplan om skoonmaakprojekte om substasies, watertoetse, die snoei van gevaarlike bome en die herstel van slaggate nog hierdie jaar aan te pak en vra die gemeenskap om hierby betrokke te raak. Kontak Nel by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.