NOORDWESTER – BLYDEVILLE - VGK Brigade is ‘n geestelike organisasie en doen wonderlike werk onder die jeug in Blydeville.
Die VGK Brigade is ‘n landswye organisasie en bemoei hulle daarmee om kinders van die strate af te hou, regte waardes te leer, die gevaar en weghou van alkohol, dwelms, tienerswangerskappe, geslagsgebaseerde geweld en nog meer tuis te bring. Dissipline en om misdaad in die gemeenskap te verminder is ook belangrik en Bybelstudie word daaroom gedoen.
Onlangs het ‘n paar van Blydeville se kinders toekennings en trofees ontvang waarop hulle baie trots is. 43 kinders is genooi om die begeleiding te doen by die Sinode in Kempton Park Sondag, 27 Oktober wat net om die draai is. Dit is ‘n groot eer, maar ook ‘n groot kopseer. Hulle kort dringend fondse want hulle moet vervoer kry na Kempton Park. Dan kort hulle enige musiek instrumente soos tromme, simbale ensovoorts en ‘n tamboerstok. Enige donasie, hulp en bystand sal waardeer word. Skakel met Kaptein Lena op 074 0908 123.