Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die ATKV is ‘n rigtinggewende, inklusiewe organisasie ter bevordering van Afrikaanse taal en kultuur. Die ATKV- tak Lichtenburg hou ‘n jaarlikse borgdag vir ‘n genomineerde begunstigde. Hierdie jaar het hulle op Emrike Leersentrum besluit nadat hulle die skool besoek het om Leesprogramme te oorhandig en toe die werk gesien het wat die skool doen. Die gholfdag het die afgelope Dinsdag plaasgevind en daar het 48 golfers afgeslaan in 12 spanne van vier elk. Emrike Leersentrum en NWK 4Sure het gesorg vir kos en drinkgoed deur die dag.

 Die prysuitdeling het om 17:00 plaasgevind en daar was baie goeie pryse vir ‘n groot aantal spelers. Baie dankie aan die ATKV-tak Lichtenburg, Dirk Lotter en Martiens du Plessis vir ‘n suksesvolle dag. Die obrengs van die dag word op ‘n later geleentheid aan Emrike Leersentrum oorhandig. Op die foto is die groep wat teenwoordig was vir die prysuitdeling.