Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER - LICHTENBURG - Die aftelling is aan die gang vir Suid-Afrika se opwindendste en mededingendste studenterugbytoernooie. 
Die land se top universiteite maak gereed om rugbyaksie op die volgende vlak te lewer terwyl die beste studentespelers landwyd voor passievolle ondersteuners in volgepakte stadions te staan kom.

Die opwinding skop af met die Varsity Shield-kompetisie op Vrydag, 14 Februarie, gevolg deur die FNB Varsitybeker op Maandag, 17 Februarie.
Die kollig verskuif na die volgende generasie potensiële sterre. Hierdie jaar bring ‘n paar opwindende opdaterings.
Vrydagaandligte:  Die meeste Varsity Shield-wedstryde sal nou op Vrydae plaasvind, wat naweekopwinding skep waarna aanhangers kan uitsien. Mascot Mania: Spangelukbringers is terug en bring lewendige energie na elke wedstryd. Verwag danspassies, toeskouers interaksies en baie spangees. Met die beste jong talent wat ten toon gestel word, opwindende wedstryde en ‘n elektriese atmosfeer wat net Varsity Rugby kan bied, beloof  2025 om nog ‘n onvergeetlike seisoen van aksie op die volgende vlak te wees. Kaartjies is binnekort beskikbaar.