Markus Fourie, oud-Lichtenburger en Kendo-kampioen, het verlede naweek deelgeneem aan die jaarlikse Shijiazhuang Kendo-kampioenskappe wat gesien word as die “North China Championhips”. Hy het goud gekry in die B-kategorie. Dit was ‘n baie groot en mededingende kompetisie met 370 deelnemers.
Markus kom kuier een van die dae in Suid-Afrika om saam met die nasionale span te oefen en ander Kendo-klubs in Johannesburg, Kaapstad
en selfs Lichtenburg te besoek.