Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
22
Tue, Oct

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-BLOEMHOF: ‘n Pa vermoor sy eie seun en twee ander tienerseuns, wat familie is van sy vrou, om na bewering uitbetalings van die versekering te eis. 

Die drie familielede, wat oor ‘n tydperk van byna twee jaar dood en begrawe is, en wat nabewering weens natuurlike oorsake gesterf het, het siek geword nadat die verdagte na bewering pasteie vir hulle gegee het om te eet, waarvan hulle toe siek geword het, en uiteindelik gesterf het. Volgens kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het die beweerde moorde van Desember 2020 tot Oktober 2022 in Bloemhof plaasgevind. Familielede het egter onraad vermoed dat die verdagte hulle vermoor het en het die voorvalle by die polisie aangemeld. Die liggame van al drie oorledenes is opgegrawe en patologieverslae het bevestig dat hulle vergiftig is, wat tot die moordondersoeke gelei het. In al drie gevalle het die beskuldigde suksesvol van sy versekeringspolisse geëis. Daniel Mokwai (62) het na bewering hierdie misdade gepleeg om versekeringsuitbetalings te eis. Die presiese bedrag waarby hy baat gevind het, is nie deur die polisie gespesifiseer nie. In die eerste voorval, wat op Saterdag 5 Desember 2020 aangemeld is, is ‘n 16-jarige seun die middag tussen Phuduhudu en Gopane, naby Bloemhof, dood. Die seun was Mokwai se vrou se familielid. Die tweede oorledene (17), wat ook Mokwai se vrou se familielid was, is Woensdagaand, 1 Desember 2021, in Boitumelong Township, buite Bloemhof, oorlede. 
Die laaste slagoffer, Mothibi Alpheos Mokwai (31), was Mokwai se eie seun. Hy is Sondagmiddag, 9 Oktober 2022, by sy huis in Mathysestraat in Bloemhof oorlede. Myburgh het bevestig dat Mokwai (62) op Maandag, 26 Augustus 2024, in Bloemhof gearresteer is nadat die polisie ‘n lasbrief vir inhegtenisneming bekom het op grond van vorige ondersoeke. Mokwai het Woensdag, 28 Augustus in die Bloemhof landrosshof op drie aanklagte van moord verskyn en bly in aanhouding na sy verskyning. Die polisie het aangedui dat bykomende klagtes teen hom gebring kan word terwyl die ondersoeke voortduur.
 “Die beskuldigde het vandag in die hof verskyn en is in aanhouding tot Woensdag, 4 September, om hom tyd te gun om regsverteenwoordiging te verkry,” het Myburgh gesê. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Sello Kwena het gesê dit is onaanvaarbaar dat jong kinders vermoor is deur iemand wat hulle vertrou. Hy het herhaal dat die polisie sal voortgaan om hard te werk om misdadigers soos dié uit die samelewing te verwyder. Hy het ‘n beroep op versekeringsmaatskappye en lede van die publiek gedoen om sake aan te meld waar hulle gemene spel of kriminele aktiwiteite vermoed wanneer hulle versekeringseise verwerk.