Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
01
Tue, Jul

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-RUSTENBURG: Die polisie het ’n intense klopjag van stapel gestuur ná die grusame moord op ’n bejaarde egpaar in die parkeerarea van ’n inkopiesentrum op Saterdagmiddag, 14 Junie 2025. 
Volgens voorlopige verslae is die egpaar, George en Wilma Koster noodlottig geskiet tydens ’n konfrontasie met die insittendes van ’n wit Kia Rio sonder nommerplate. Paramedici het die slagoffers op die toneel dood verklaar.

 

Die motief vir die aanval is tans onbekend. Die polisie het ’n dringende beroep gedoen op enigiemand wat oor inligting beskik wat tot die arrestasie van die verdagtes kan lei, om luitenant-kolonel Mainganyo Nathaniël Phatsoane by 082 373 9571 of luitenant-kolonel Patrick Murunwa by 082 772 599 te kontak. Waarnemende Provinsiale Kommissaris van Noordwes, Majoor-generaal Patrick Asaneng, het die voorval ten sterkste veroordeel en die publiek opgeroep om nie stil te bly nie: “Hierdie sinnelose en brutale geweld wat gelei het tot die moord op ’n weerlose bejaarde egpaar in die helder daglig, kan nie ongestraf bly nie. Ek doen ’n beroep op die oortreder(s) om na hul gewete te luister en hulself aan die polisie oor te gee, voordat hulle opgespoor word.” Hy het beklemtoon dat die verdagtes as gewapen en gevaarlik beskou word en dat selfs vriende en familie wat weet van hul betrokkenheid, nie hul oë moet toemaak nie. “Die wêreld word nie vernietig deur dié wat kwaad doen nie, maar deur dié wat toekyk en niks doen nie. Ek het ons speurders en opsporingspan opdrag gegee om nie te rus voordat die skuldiges van hierdie afskuwelike misdaad gevind en gearresteer is nie,” het Asaneng gesê. Die voorval het diepe skok en verontwaardiging onder die gemeenskap ontlok, met inwoners wat eis dat geregtigheid geskied.