Hoërskool Stella se o/11-rugbyspan het op Dinsdag, 17 Junie geskiedenis gemaak toe hulle met ’n puik vertoning die Noordwes Luiperds-kleinskole-finaal gewen het. Die span het Sanddrift met 10–0 geklop en is nou amptelik die 2025 Noordwes Luiperds Kleinskole-kampioen.
Die jong span het met moed, spanwerk en tegniek uitgeblink en hul onoorwonne seisoen met ’n welverdiende titel bekroon. Van links na regs is Hendrik Reyneke, Kobus Poggenpoel, Jano Hayward, Basson van Schalkwyk, Gert van Zyl, Pieter Ferreira, Ludiaan Oosthuizen, Kobus Kemp, Laone Kehusitse, Keadie Jacobs, Sebastiaan Vercueil, Thato Potlaki, Pieter-Jean Coertze, Zian Stols, JC de Villiers, China Kehusitse, Johan Scholtz, Jayden Du Plessis, PG Poggenpoel, JF Harris, Janko Duminy (kaptein), Mnr. H. Vorster (afrigter), Norman Morgenrood (onderkaptein) en Atlegang Baeba. Stella en die gemeenskap is trots op julle